About Skeerpoort

Home/About Skeerpoort

Skeerpoort is situated 25 km’s from Brits, west of Hartbeespoort dam on the R560 road towards Magaliesburg (on the Magalies Meander route). Local people speak about the Skeerpoort Valley or the Skeerpoort farmlands because it lies virtually untouched at the foothills of the Magalies mountains. Popular tourist attractions in close vicinity are Chameleon Village and Welwitchia country market (12km), Van Gaalen Kaasmakerij (1km), Die Ou Pastorie in the “centre of town”and Bill Harrop’s Balloon Safaris (± 3.5km).

‘n Mens kan Skeerpoort nie regtig ‘n dorp noem nie. Dis ook nie ‘n nedersetting, vallei of plaas nie. Miskien ‘n vallei van klein plasies of “persele” (soos hulle in die Vaalharts-besproeiingskema praat)? Skeerpoort is een van daai plekkies waar die Welkom- en totsiensbordjies aan dieselfde boom hang.

Skeerpoort lê aan die suidekant van die Magaliesberg waar die Skeerpoort- en Magaliesriviere bymekaarvloei aan die westelike oewer van die Hartbeespoortdam. Skeerpoort is vandag waarskynlik meer bekend vir sy toerisme-aantreklikhede – veral vir die avontuurlustiges en gesondheidsbewustes. Van Gaalen Kaasmakerij maak nie net kaas nie maar is ook die basis van die 250km netwerk van bergfietsroetes. Bill Harrop is al ‘n legende met sy grappies in die lug en sjampanje vir passasiers na lugballon-ritte. The Cradle Health Spa is nou goed gevestig met hul alsomvattende gesondheidsdienste. Ons hoor nou-en-dan selfs leeus hier, afkomstig van die Predator park. Maar, soos enige ander “plekkie”in die platteland het Skeerpoort ook sy boskroeg, genaamd “Die plaas se gat”.

Uit ‘n landbou-oogpunt was Skeerpoort tradisioneel ‘n tabak, koring en groente produksiegebied. Veral kool en tamaties was die afgelope 30 jaar intensief op Skeerpoort verbou.