2019

PEKANNEUT PRYSE

Na ‘n goeie 2018 kern-mark (uitgedopte, skoon neute) seisoen, het ons besluit om meer pekanneute uit te hou vir die plaaslike SA kern-mark.

Dit is egter nie ‘n algemene produsente neiging nie, aangesien uitvoer-pryse vir in-dop neute weer gestyg het vanweë die lae voorraadvlakke in Sjina.

Verdere goeie nuus vir Skeerpoort Pekans se kliënte is dat pryse vir halwe neute onveranderd gelaat is.

Bestellings kan nou geplaas word vir vars pekanneute van die 2019 oesjaar:

Keurgraad halwes

R 226.09 per kg (BTW en aflewering uitgesluit)

 

2de Graad halwes

R 191.30 per kg (BTW en aflewering uitgesluit)

 

Stukkies (gebreekte neute)

R 191.30 per kg (BTW en aflewering uitgesluit)

BESTEL NOU

Notas:

– Verpakking is in 1kg of 2,5kg 70 mikron plastieksakkies, 5kg bokse.

– Indien aflewering verlang word is die minimum bestelling 5kg. Ons het ‘n ooreenkoms met ‘n bekende koerierdiens – verpakking en aflewering kos slegs R135.00 (van 5kg tot 10kg bestellings), landswyd! Die koerier laai Maandae tot Woensdae by ons.

– Indien die self-haal opsie verkies word sal die “pekandepot” op Vrydae, per afspraak, oop wees.