Uit ‘n landbou-oogpunt was Skeerpoort tradisioneel ‘n tabak, koring en groente produksiegebied. Veral kool en tamaties was die afgelope 30 jaar intensief op Skeerpoort verbou.
Die waterryke vallei met sy hoë kwaliteit dolomietwater het gelei tot die Skeerpoort Besproeiingskema en baie persele is uitgelê om water-intensiewe, gewas-boerdery moontlik te maak. Van die oorspronklike kanale, sluise en leibeurt-skedules is steeds in gebruik. Dis net die vanne van eienaars van persele wat van tyd tot tyd verander. Die van “Scrooby” was vir lank sinoniem met Skeerpoort. Hier is egter nie een van hulle meer oor nie, maar “Scrooby” is nog steeds op die Leibeurt- skedule.